Onderrig in die tyd van COVID-19: Kollig op Maragon Mooikloof
May 11, 2020
By The ITSI Team

Die COVID-19 pandemie het almal onkant gevang. Dit terwyl die nasionale afsondering nuwe uitdagings vir skole, hoofde, onderwysers, leerders en ouers bied.

 

Graag wil ons julle inspireer en motiveer met ons nuwe reeks “Kollig op…” waar ons gaan kyk hoe skole in hierdie tydperk die uitdagings aandurf en die verskillende hulpmiddels wat hulle gebruik.

– Onderhoud met Hoof Chris Zaayman, Maragon Mooikloof

(CLICK HERE TO READ THE ENGLISH VERSION)

 

1. Wat het eerste deur jou gedagtes as hoof gegaan toe jy hoor daar word ’n nasionale afsondering aangekondig?

Ons het al die week voor die skool gesluit het met afstandsonderrig begin, want ons het gesien dit gaan kom, so toe begin ons sommer onmiddellik met dit. Hier en daar het ons, ons koppe gestamp, maar goeie lesse geleer. Sover gaan dit regtig goed.

2. Hoe het julle voorberei vir die nasionale afsondering?

  • Normale skoolrooster – Ons volg ons normale rooster soos wat ons by die skool sou. Byvoorbeeld as die periode 09:00 eindig, gee ons die kinders net bietjie kans om te ontspan en bene te rek, voor die volgende sessie begin.

  • Aanlyn klasse – Ons gebruik Microsoft Teams en die miEbooks-toepassing as ondersteuning om klasse aanlyn aan te bied. Ons probeer wel die lesse verkort, want die kinders kan nie so lank ten volle konsentreer nie en dit vat ook te veel data.

  • Volledige lesse – Voor die les begin moet elke onderwyser ’n volledige lesplan vir die leerders stuur. Elke kind kry ’n volledige plan en klik dan op die relevante skakel vir die periode. Tegnologie maak dit vir die onderwysers moontlik om van die lesse voor die tyd op te neem. Die lesse hoef dan nie heeltyd “live” te wees en baie data te gebruik nie.

  • Assessering – Aan die einde van elke les stuur ons assesserings deur. Die doel met die assesserings is om agter te kom of die leerders die les bygewoon en verstaan het. Voorheen het ons informele assesserings net nou en dan gedoen, maar nou doen ons dit daagliks. Dit is dan sommer ook ons resensielys om te sien wie die les bygewoon het en wie nie. Met ITSI se oplossing is dit maklik om vinnig assesserings op te stel en te stuur, die terugvoer is onmiddelik beskikbaar d.m.v. die miEbooks app.

  • Kwaliteit bo kwantiteit – Ons het wel in die eerste week al gevind dat ons nie teen dieselfde spoed aanlyn kan werk soos wat ons gewoonlik in die klas werk nie. Dus het ons besluit dat daar nou ’n groot fokus is op kwaliteit in pleks van kwantiteit. Ons gee nie meer dieselfde hoeveelheid werk en huiswerk nie.

3. Watter rol sou jy sê speel ITSI se tegnologie tydens die afsondering?

Omdat die Onderwysers reeds bloot gestel is aan tegnologie vir laaste 4-5 jaar a.g.v. ons keuse om ITSI en e-leer te implementeer maak dit die hele proses makliker. Onderwysers kan nou veel makliker oorgeskakel het om MS Teams te gebruik vir klas aanbied en dan was dit maklik om die les op te volg met kommunikasie deur die miEbooks app. So miEbooks gee ekstra ondersteuning om materiaal by die leerders te kry.

So Maragon Mooikloof vlieg op die oomblik, omdat ons ITSI gebruik. ITSI red ons lewe totaal met hierdie.

Ander skole wat nou nie miEbooks het nie, sit met groot uitdagings. Ek is oortuig daarvan dat ander skole wat nou nog nie e-leer het nie, met nuwe oë na miEbooks en spesifiek ITSI gaan kyk.

Dit is so maklik, ons sit net alles op miEbooks en ons is uitgesorteer.

 

4. Hoe ervaar die onderwysers by jul skool die nasionale afsondering?

Ons onderwysers was goed voorbereid, omdat ons ’n week voor die nasionale inperking koppe bymekaar gesit het om te sien wat sal werk en wat nie. Ons het hier en daar uitdagings, maar verder is die onderwysers heel kalm en rustig en kan hulle die lesse aanlyn doen.

Die onderwysers moet egter nou ekstra werk doen om voor te berei, omdat die lesse ietwat aangepas moet word en omdat hulle nou vir elke periode ’n assessering moet opstel. Met miEbooks en ITSI is dit wel makliker, omdat die onderwysers die assessering met behulp van ITSI kan opstel en dan die les en assessering deur middel van die miEbooks-toepassing aan leerders kan stuur.

5. Hoe gaan dit met julle graad 12s? Oor die algemeen word daar heelwat bekommernis oor die groep van 2020 uitgespreek.

Ons is tans bietjie bekommerd oor die graad 12s. Meestal as gevolg van hulle praktiese vakke, waar hulle nodig het om praktiese take en ure by die skool te voltooi. Ons gaan die praktiese aspek van hierdie vakke op ’n manier moet opvang; al beteken dit dan Saterdae gaan gebruik moet word.

6. Enige raad of advies wat jy vir ander skole kan gee?

My gedagtes en raad post-COVID-19 is dat onderwys nooit weer dieselfde gaan wees nie.

  • Belê in tegnologie – Skole gaan moet belê in tegnologie, om hulle netwerk en infrastruktuur reg te kry. Elke skool sal ’n strategiese plan moet uitwerk oor hoe hulle tegnologie in die toekoms gaan hanteer en deel maak van die skool. Die onderwysers en leerders sal blootgestel moet word aan tegnologie.
  • Belê in die ontwikkeling van onderwysers – Skole moet in die ontwikkeling en vaardigheidsontwikkeling van hul onderwysers belê om seker te maak dat die strategiese plan prakties uitgevoer kan word. Dit was nog altyd vir ons belangrik om in vaardighede te belê, nie net in resultate nie. Resultate is uit die aard van die saak vir ons baie belangrik, maar ons glo vaardighede is meer belangrik as resultate. So, omdat ons leerders en onderwysers die vaardighede het om tegnologie te gebruik, maak dit regtig vir ons hierdie situasie baie makliker en ietwat minder stresvol.

Ons is ook opgewonde om ons eerste virtuele opedag in Mei te hou!

 

 

Volg ons op sosiale media

     . 

Vir meer inligting of om met ITSI te skakel oor ‘n demonstrasie vir moontlike e-leer oplossings, kontak ‘n konsultant by sales@it.si of 012 941 1546.